January 26, 2022

Jonger generasie laat Covid-19-syfers styg

Covid-19-syfers daal

Covid-19-toetse daal

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios)  is nog 11 125 nuwe Covid-19-gevalle die afgelope 24 uur aangemeld.

‘n Jonger groep persone is verantwoordelik vir die meeste van dié nuwe gevalle.

Die hoogste persentasie persone wat vandeesweek positief getoets het, is waargeneem in die ouderdomsgroep tussen 10 en 14 jaar (15,8%).

Altesaam 46 708 toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 11 125 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 23,8% verteenwoordig.

Slegs een persoon is as ‘n Covid-19-verwante sterfte aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver op 89 966 te staan ​​bring.

Leave a Reply

Your email address will not be published.