Chelyn Bezuidenhout (36) van Skinlogix in Bloemfontein is deur JOU genomineer as een van die besighede in Bloemfontein wat die laaste ruk ‘n baie goeie diens gelewer het.
Monique Shennan skryf: “Ek nomineer Skinlogix Trusted Beauty Specialists. Chelyn is die beste in wat sy doen en sy is ook die wêreld se gaafste vrou. Sy is ‘n ervare velspesialis en sy besit Skinlogix wat in Dan Pienaar geleë is.”
Chelyn, wat alleeneienaar van dié salon is, vertel die salon bestaan al vir 11 jaar.
By Skinlogix bied hulle span ‘n wye verskeidenheid van skoonheidsdienste aan, onder andere die mooiste permanente grimering, tatoeëerverwydering, wimperverlenging, “microneedling” en naels.
Chelyn vertel sy is ook ‘n instrukteur by Premier Beauty.
“Goeie kliëntediens is vir ons baie belangrik. Ons wil elke kliënt spesiaal én welkom laat voel en wys dat ons werklik omgee. Sodoende bou ons ‘n spesiale verhouding met elkeen wat ons met hulle skoonheid vertrou. Sonder ons kliënte sou ons beroep nie moontlik gewees het nie!”
Chelyn sê dis vir hulle ‘n groot seën en ‘n voorreg om genomineer te wees.
Volg Bloemfontein Online Co. hier op Facebook.
Kyk hier na van Bloemfontein Online Co. se vorige uitgawes.



