Babaseuntjie verdwyn toe ma water tap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Babaseuntjie van drie maande oud word in Mamelodi-Oos, Gauteng, vermis nadat hy verdwyn het terwyl sy ma by die buitenste kraan van hulle huis water getap het.

Babaseuntjie verdwyn

Konst. Lethabo Mashiloane, polisiewoordvoerder, sê die ma het omstreeks 19:00 die babaseuntjie, wat geslaap het, op die bed gelos om net vinnig buite water te gaan tap. Toe sy terugkeer, was die baba weg.

Enigiemand met inligting oor waar die baba is, kan die Mamelodi-Oos-polisie by 012 815 7000 kontak.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.