Malvalekkers – Marlene Schoeman

Deel hierdie storie / Share this story

Marlene Schoeman, bekende kookboekskrywer in die Vrystaat, deel dié week met ons ‘n baie maklike en goedkoop resep vir die heerlikste malvalekkers.

“Dit lyk dalk ‘n bietjie ingewikkeld, maar dis so eenvoudig en vinnig om te maak. En dis die lekkerste malvalekkers wat jy in jou lewe sal eet!”

Gebakte klapper:

Neem omtrent 2 koppies klapper en sit dit in ‘n kleefvrye pan oor lae hitte, roer aanhoudend tot bruin en plaas eenkant om af te koel.

Bestanddele:

4 k suiker
1 k water
4 e gelatien
½ k kookwater
½ t sout
1 t vanieljegeursel

Kook die suiker en die 1 k water saam tot dit kook.
Meng ½ k kookwater, gelatien, sout en vanieljegeursel saam in ‘n mengbak.

Gooi kookmengsel ook by en klits met klitser tot wit en styf.

Gooi in gesmeerde oondpan of ander plat bak en plaas in yskas.

Wanneer styf, sny in blokkies met ‘n mes wat jy aanhoudend in ‘n koppie water druk sodat dit nie vassit nie.

Rol die blokkies direk in die gebakte klapper.
Die oorblywende klapper kan in ‘n plastiekbakkie gebêre word om weer te gebruik.

Jy sal nooit weer malvalekkers in die winkel wil koop nie!

Volg Bloemfontein Online Co. hier op Facebook.