Vier tieners dood na hoërskoolleerling losbrand met pa se geweer

Deel hierdie storie / Share this story

Ethan Crumbley (15), ’n tienerseun, is in aanhouding nadat hy Dinsdag na bewering vier mense by Oxford High school naby Detroit doodgeskiet het.

Volgens Sky News het Crumbley se ouers slegs ure voor die voorval met personeel van die skool vergader nadat ’n onderwyser ’n tekening van ’n geweer en ’n persoon wat bloei by hom gevind het.

Ondersoekers het aan Sky News gesê die pistool wat in die voorval gebruik is, is verledeweek deur Crumbley se pa gekoop en was vryelik vir die tiener beskikbaar.

Crumbley het na bewering foto’s van die geweer wat in die skietery gebruik is op sosiale media geplaas. Sy ma het later n plasing gemaak om te sê hulle toets sy nuwe Kersgeskenk.

Crumbley brand in gang los

Crumbley het Dinsdag na bewering uit ’n toilet gekom en in ’n gang by die skool losgebrand. Sewe leerlinge en ’n onderwyser is geskiet voordat hy homself oorgegee het.

Drie van die leerlinge is Dinsdag dood en die vierde is Woensdag dood.

Die skool is ná die aanval gesluit, met kinders wat in geslote klaskamers geskuil het terwyl beamptes die perseel deursoek het.

Toe hy van die skietery hoor, het Crumbley se pa huis toe gery om na die geweer te soek en gevind dat dit vermis is. Hy het toe die owerhede gebel om te sê hy vermoed sy seun is verantwoordelik.

Crumbley is as ’n volwassene aangekla van misdade insluitend moord, poging tot moord en terrorisme.

Albei Crumbley se ouers word nou van onwillekeurige manslag aankla.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.