DOUGLAS. – ‘n Douglas-ma van twee kinders het Vrydagoggend omstreeks 05:00 van die Douglas-brug af gespring.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek nou die vrou se dood na haar liggaam op die klippe aan die onderkant van die Oranjerivier-brug gevind is.
“Die oorledene se motor is op die brug tussen die Douglas- en die Prieska-pad gevind.”
Geen vuilspel word vermoed nie.
Skakel die South African Depression and Anxiety Group by 011 234 4837 indien jy moontlik selfvernietigende gedagtes het of dink daaraan om jouself seer te maak.



