Die organiseerders van Plett Rage het aangekondig vanjaar se Rage is gekanselleer. Dit is die gevolg van die kommerwekkende aantal positiewe Covid-gevalle wat regoor Suid-Afrika aangemeld is en die Covid-voorkeurprotokolle wat deur die organiseerders van Plett Rage vereis word.
Die organiseerders van Ballito Rage het vroeër aangekondig hulle beëndig hulle Rage nadat 34 feesgangers en twee personeellede op die eerste dag positief vir Covid-19 getoets het.
Alhoewel die organiseerders die strengste Covid- voorkomende maatreëls ingestel het, was daar geen manier om die verwoesting wat die huidige pandemie-oplewing sou veroorsaak, te voorkom nie, sê die organiseerders in ‘n verklaring wat Donderdag uitgereik is.
Die Bitou-munisipaliteit en Plett Toerisme prys die Plett Rage-span en waardeer al die harde werk en toewyding wat hulle vir een van SA se mees ikoniese matriekbyeenkomste gedoen het, veral die veiligheidsmaatreëls en Covid-protokolle wat hulle in plek gestel het.
Volgens die organiseerders was dit nie ‘n maklike besluit om te neem nie en het dit ‘n vernietigende uitwerking op die Plett Rage-span, die studente en die plaaslike ekonomie.
“Ons gaan voort om alle plaaslike besighede aan te moedig om streng Covid-protokolle te volg om ‘n veilige somerseisoen te verseker. Ons vra ook dat ons gemeenskap begrip sal hê, en sal voortgaan om plaaslike besighede en mekaar te ondersteun deur hierdie moeilike tye. Ons is stukkend. Ons geleentheidsterrein is gebou, alle personeel is gereed om feesgangers met ope arms te verwelkom na maande van nie werk nie. Ons deure is gereed om oop te maak, maar sal ongelukkig gesluit bly.”
Die situasie is heeltemal ondenkbaar, maar daar is geen twyfel by ons dat dit die regte besluit is nie. Ons wil graag die Bitou-munisipaliteit bedank vir die ondersteuning en konstante verbintenisse oor die baie maande wat tot die fees gelei het. Alhoewel ons die teleurstelling verstaan wat dit veroorsaak vir diegene wat daarna uitgesien het om die fees te geniet, is dit ongekende tye.
Ons waardeer almal se begrip en ondersteuning. Dankie ook aan ons hele Plett Rage-familie, beide kliënte en personeel, wat hulle almal laat ingent het om ‘n veilige en onvergeetlike #PlettRage2021 te verseker.
Kaartjiehouers sal in die komende dae verdere inligting per e-pos ontvang,” lui die verklaring.
Volg FiND iT hier op Facebook.



