Vanessa Carreira-Coutroulis, oud-Mej. SA, se man, Chris Coutroulis, is na ‘n lang siekbed oorlede. Die paartjie was 13 jaar getroud.
Chris is Dinsdag oorlede. Hy was 52 jaar oud.
Chris was ‘n sakeman wat ‘n hele paar nagklubs onder meer Taboo in Sandton en The VIP Room geopen het.
Chris Coutroulis en Vanessa het ook saam Boa, Cocoon en Oxyn besit.
Sedert Dinsdag het medelye en huldeblyke vir Chris op sosiale media ingestroom.
Lee-Aan Liebenberg, Mej. SA-finalis en haar man, Nicky van der Walt, het albei ‘n huldeblyk op hul Instagram-blad vir Chris gelewer.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.







