Suid-Afrika het teen Donderdagaand 11 535 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken en volgens die Nios is die land nou in die vierde vlaag.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Suid-Afrika amptelik in ‘n vierde vlaag van koronavirusinfeksies inbeweeg. Die vierdie vlaag is reeds in sewe provinsies (Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes & Wes-Kaap) gesien, wat volgehoue toenames in Covid-19-gevalle gehad het.
“Om maatreëls te tref om die verspreiding van die infeksie te verminder, insluitend om ‘n Covid-19-entstof te kry, is die beste manier om die verspreiding van infeksie te vertraag,” meen Nios.
Altesaam 51 402 koronavirustoetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 11 535 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 22,4% verteenwoordig.
Met 72% verteenwoordig Gauteng die meerderheid van die nuwe daaglikse infeksies.
’n Verdere 44 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes tot op hede op 89 915 te staan bring.
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting Sondagaand strenger inperkingsmaatreëls instel, wat oor die feesseisoen sal geld.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



