January 26, 2022

Malema en Ndlozi se aanrandingsverhoor gaan Maandag voort

Die verhoor van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, sal Maandag 6 Desember weer in die Randburgse Landdroshof voortgesit word, vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel.

Dit volg nadat AfriForum in Julie 2019 aangekondig het dat die organisasie die hof met ’n mandamus-aansoek gaan nader om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te verplig om besluite te neem oor die vervolging van Malema rakende hierdie en twee ander hangende sake teen hom.

Malema en Ndlozi het na bewering in April 2018 ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen aandag van die polisie geniet nie totdat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het.

Die besonderhede is soos volg:

Datum:            9 tot 11 Maart 2021

Tyd:                 09:00

Plek:                Randburgse Landdroshof, Shepherdlaan 18, Randburg

Jacques Broodryk

Leave a Reply

Your email address will not be published.