Covid-19: Gauteng se syfers bly styg

Deel hierdie storie / Share this story

SA het 4 373 nuwe Covid-19-gevalle die afgelope dag aangeteken, met Gauteng wat ‘n meerderheid van 73% het.

Altesaam 42 664 Covid-19-toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 4 373 nuwe gevalle wat aangemeld is. Dit verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 10,2%.

Gauteng het 73% van die nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, terwyl die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal die tweede meeste gevalle (beide 6%) aangemeld het.

Wetenskaplikes verwag dat die land teen die einde van die week bykans 10 000 nuwe Covid-19-gevalle per dag kan aanteken, met die vierde vlaag wat oor die Desembervakansie verwag word.

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting oor die naweek weer met die koronabevelsraad vergader om die jongste inligting bymekaar te maak en moontlik daarna met die land te praat.

Volgens AfriNuus het hulle vertroulik verneem dat vlak 2 of selfs vlak 3 van inperking beoog word, en met die vergadering bespreek sal word.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Stanley Cierenberg: Gesprekke tussen engele

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.