Die gewilde Ballito Rage wat jaarliks in KwaZulu-Natal plaasvind, is na slegs een dag gekanselleer nadat te veel mense positief getoets het vir Covid-19.
Die Ballito Rage-fees het Dinsdag begin.
Volgens die organiseerders neem hulle die veiligheid van hul kliënte, personeel en diensverskaffers baie ernstig op.
Die 32 feesgangers en vier personeellede wat positief getoets het, is almal ingeënt.
Luidens die verklaring is die personeel reeds op 29 November getoets en het die eerste 122 toetse negatief terugekom.
“Op 30 November het alle oorblywende personeel en alle gaste Covid-19-toetse by die toetssentrum naby die geleentheidsterrein ondergaan voordat hulle die terrein betree het. Tussen 14:00 en 22:00 is 940 gaste en personeellede getoets en 32 gaste en vier personeellede se toetse het positiewe resultate gelewer.
“Na konsultasie met die plaaslike en provinsiale departement van gesondheid is die besluit geneem om die fees eerder te kanselleer, ” sê die organiseerders.
Volg FiND iT hier op Facebook.



