Mej. SA ‘sluip’ glo in die nag na Israel

Deel hierdie storie / Share this story

Vrae oor hoe Mej. SA,  Lalela Mswane, in Israel “ingesluip” het nadat Israel verlede week reis uit Suid-Afrika verbied het, word gevra.

Braam Hanekom van Africa4Palestine het sy kommer teenoor EWN uitgespreek oor hoe Mswane in Israel gekom het.

“Israel plaas ’n reisverbod op ons land, maar op een of ander manier in die donker van die nag kan Lalela in Israel insluip,” het hy gesê.

Mswane is rrnstig gekritiseer omdat sy besluit het om wel aan die geleentheid in Israel deel te neem en #NotMyMissSA het die naweek op Twitter begin draai nadat sy foto’s van binne die Ben Gurion-lughawe naby Tel Aviv geplaas het.

Mswane sal oor twee weke aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel deelneem.

Taahira Abrahams, Palestynse aktivis, het Maandag gesê dit is moeilik om Mej. Suid-Afrika te sien voorberei vir die loopplank.

“Sy sou nie op daardie verhoog kon deelneem as mense nie apartheid in Suid-Afrika geboikot het nie, want dit is hoe die apartheidsregime in Suid-Afrika geëindig het. Om in ’n apartheidstaat te glimlag en ’n vlag vas te hou is uiters teleurstellend.”

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer nuus hier.