GAUTENG. – ’n Man is hier tot 10 jaar tronkstraf gevonnis ná hy ‘n jong vrou (22) met ‘n mes gedreig en verkrag het.
Verkragting
Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê op die aand van 20 Augustus 2021 het Ntshabeleng Graider Komane (30) die slagoffer (22) versoek om hom na sy vriend se huis by Etwatwa te vergesel.
“Met aankoms by die plek was daar niemand by die woning nie. Komane het die slagoffer in die huis ingedwing waar hy haar met ‘n mes gedreig en verkrag het..”
Tronkstraf
Hy is op 24 November 2021 skuldig bevind en deur die Benoni-streekhof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
LEES OOK: Vrou verkrag verstandelik gestremde man
Toegewyd
Lt.genl. Elias Mawela, die provinsiale kommissaris in Gauteng, sê die SAPD in Gauteng is vasberade en toegewyd in die bekamping van misdade wat teen vroue en kinders gepleeg word. Hy het ook die ondersoekbeamptes geloof vir die puik ondersoeke wat verseker dat oortreders agter tralies bly.
“Ons staan vas in die stryd teen geslaggebaseerde geweld (GBVF)”, sê lt.genl. Mawela.
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



