Vrou verkrag verstandelik gestremde man

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Vrou (55) is vandeesweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis omdat sy ‘n 21-jarige verstandelik gestremde man by sy huis in Krugersdorp verkrag het.

Vrou verkrag

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die vrou was aangestel om ’n versorger vir die slagoffer te wees. “Sy het die slagoffer verkrag en hom seksueel aangerand terwyl sy ouers nie by die huis was nie. Die buurman het die saak by die SAPD aangemeld nadat die man hom van die verkragting en aanranding vertel het.

LEES OOK: Nuwe variant by ingeënte individue opgetel.

Skuldig

“Die beskuldigde is deur die Krugerdorp-streekhof skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf vir verkragting en ses jaar vir seksuele aanranding gevonnis.”

Kol. Sello sê hierdie vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.