SUID-AFRIKA. – Rudi Claase, ’n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, se pa is gister in ’n fratsongeluk oorlede.
Claase het die afsterwe van sy pa op sy Facebook-blad met sy ondersteuners gedeel.
Inskrywing
“Pa
So het die Here Pa nounet kom haal…
Onverwags.
’n Frats!
Rus sag, Pappa.
Tot ons mekaar weer sien, sing ek vir Pa.
My hart skree” lees die inskrywing.
Claase het ook in ‘n apparte inskrywing gevra dat sy ondersteuners vir hulle bid. “Bid dat geregtigheid sal geskied, dat my pappa se dood nie net vergete is in die palm van die skuldige een nie.”
Volgens ’n inskrywing op Overvaal Stereo 96.1fm se Facebook-blad het Claase se pa met sy fiets gaan ry, toe ’n taxi oor hom gery het.
LEES OOK: Theuns Jordaan: Roudiens kan aanlyn gevolg word
Medelye
Medelye, van oor die tweeduisend ondersteuners op Claase se Facebook-blad, het ingestroom ná hy die nuus gedeel het.
Agtergrond oor Rudi Claase
Claase (38) is onder andere bekend vir sy liedjies “Woordeloos”, “Bly Staan”, “Tussen Woorde” en “Manna”. Hy het ook liedjies geskryf vir Juanita du Plessis, Andriëtte Norman en wyle Theuns Jordaan.
Hy het ook saam met Corlea Botha as Die Lieflinge opgetree en het opslae gemaak nadat hulle eerste duetalbum binne agt weke reeds goue status bereik het.
In 2019 het hy ’n ere-toekenning van die ATKV ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Uit sy pen het reeds 700 liedjies in meer as 2 miljoen albums verskyn.
Bron: Rudi Claase / Overvaal Stereo 96.31fm / Wikipedia
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



