NOORD-KAAP. – Die polisie op Richmond het vermoedelik gesteelde skape ter waarde van duisende rande op Richmond gekonfiskeer en ‘n man is in hegtenis geneem.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die polisie het gister ‘n 51-jarige man in verband met 107 vermoedelik gesteelde Merino-skape in hegtenis geneem. Dié skape is glo tussen 30 April en 21 September vanjaar gesteel en is ongeveer R235 000 werd.
Die polisie ondersoek nou ‘n saak van veediefstal.



