Oupa verkrag kleindogter

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Oupa van Kwazulu Natal het sy kleindogter van 15 verkrag. ’n 63-Jarige man van KwaMbonambi is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig aan die verkragting van sy 15-jarige kleindogter bevind is. Die man is die kleindogter se oupa aan haar moederskant.

Hy het haar vier keer tussen 2018 en 2020 verkrag.

Oupa verkrag kleindogter

Natasha Kara, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die meisie en haar ma het saam met hulle uitgebreide familie by die oupa gewoon. “Hy het haar vier keer gedurende die tydperk van 2018 tot 2020 verkrag.”

Neef

Kara sê ook na die laaste verkragting was hy steeds besig om sy klere reg te trek toe die meisie se neef ingestap het. “Die neef het dit dadelik aan die meisie se ma gerapporteer.

LEES OOK: Man ontvoer en verkrag vrou na sy hom verwerp.

“Sy het toe vir haar ma gesê dat haar oupa haar ook al voorheen verkrag het en die saak is by die polisie aangemeld. Die meisie is vir mediese ondersoek geneem en hierdie mediese getuienis is in die hof, as deel van die staat se saak, aangebied.

Waardeloos

Tydens die slagoffer-impakverklarings het die meisie gesê die voorval het haar sonder selfagting gelaat en dat sy waardeloos voel.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.