BLOEMFONTEIN. – Die polisie in die Mangaung-metro is tans op soek na verdagtes ná ‘n 66-jarige vrou Dinsdag in haar huis vermoor is.
Lt.-kol. Thabo Cobane, polisiewoordvoerder, sê die moord op Daleen Cameron het omstreeks 11:40 plaasgevind.
Volgens Daleen Cameron se man het hy die huis verlaat om vinnig apteek toe te gaan. Net die tuinhelper was saam met Cameron by die huis.
“Toe hy by die huis aankom, het hy sy vrou in ‘n plas bloed, met haar hande agter haar rug vasgebind, gevind. Hy het gehardloop om die tuinhelper te vind, maar hy kon hom nêrens kry nie,” sê Covane.
Cameron se man het toe die polisie gebel. Die polisie het op die toneel aangekom en ‘n voorlopige ondersoek is begin.
“Die polisie kon vasstel dat ‘n beursie met ‘n onbekende som geld vermis was en dat die slagoffer se handsak buite die huis in die erf neergegooi is.”
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die verdagte/s vas te trek, skakel adj.-off. by 082 4667 255.
Klik hier vir FiND iT se Facebook-blad.
Lees ook: Matriekleerling laat koppe draai met unieke ‘rokpak’ by afskeid



