Polisie se Operation Phakisa ‘n reuse sukses

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die polisie in die Noord-Kaap het van Woensdag 17 November tot Sondag 21 November hard gewerk aan Operation Phakisa.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die polisie het motors gestop en deursoek, persele is deurgekyk en seegrenspatrollies is uitgevoer.

In totaal het die polisie twaalf persele deursoek, 154 motors en 124 persone is gestop en deursoek, en drie besigheidspersele is deurgekyk.

Lees ook: Matriekleerling laat koppe draai met unieke ‘rokpak’ by afskeid
 
Meer as vyf persone is in onderskeidelik Port Nolloth en Lutzville deur die polisie in hegtenis geneem vir die oortreding van lewende mariene hulpbronne. Die verdagtes is in die besit gevind van meer as 70 West Coast Rock-krewe, 485 limpets en ook 100 snoekvisse sonder geldige permitte.

Sewe persone is ook in hegtenis geneem vir die oortreding van die immigrasiewet. Nóg ‘n verdagte is vas oor hy na bewering in die besit van koperkabels gevind is en n 17-jarige is gearresteer vir die besit van dwelms.

“Die Suid-Afrikaanse polisiebestuur in die Noord-Kaap het die verskeie betrokke partye op die rug geklop vir ‘n suksesvolle veldtog.”

Volg FiND iT hier op Facebook.