Jong ma wat vandag verjaar, steeds vermis

Deel hierdie storie / Share this story

ALIWAL-NOORD. – Angelique Orlandini (20), ’n jong ma van hier word steeds vermis nadat sy verlede Sondag 14 November 2021 dorp toe gegaan het. Sy is sedertdien nie weer gesien nie.

Dorp toe

Hannelie Orlandini, Orlandini se ma, het aan FiND iT gesê sy was nog nooit so lank van die huis af weg nie. “Sy het voorheen oornag nie huis toe gekom nie, maar het altyd die volgende oggend teruggekeur. Sy het saam met haar broer, Rayno, dorp toe geloop en hulle het by verskillende winkels ingegaan. Vandaar het sy nie weer huis toe gekom nie.”

Volgens Orlandini is dit vandag haar dogter se twintigste verjaarsdag.

Volgens berigte het Orlandini vir die laaste twee maande as ‘n kelnerin by Little Ranch gewerk en is sy die ma van ‘n dogtertjie van 18 maande.

Jong ma vermis

“Ons het op 15 November 2021 reeds ’n saak van ’n vermiste persoon by kapt. Johnson by die Aliwal-Noord se SAPD geopen.”

Orlandini het swart-en-oranje tights met ’n wit hemp aangehad toe sy vermis geraak het.

“Enigiemand met inligting wat kan help om my dogter op te spoor, kan my kontak by 063 449 0060” sê Orlandini.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.