Jannie du Plessis ‘verpletter’ na dood van sy seuntjie

Deel hierdie storie / Share this story

Sedert die tragiese dood van hul 10 maande oue baba, Jan Nathaniel, het Jannie du Plessis namens sy gesin in ‘n verklaring gesê dat hulle uiteraard verpletter is en hul harte baie seer is.

“Ons kan die hartseer nuus bevestig dat ons jongste seuntjie, Jan Nathaniel, Dinsdagaand tydens ‘n tragiese ongeluk dood is. Ons is uiteraard verpletter en ons harte is baie seer. Ons wil almal bedank vir hul gebede, boodskappe en bystand. Ons vra asseblief dat ons privaatheid gerespekteer word terwyl ons sy dood verwerk,” lui die verklaring wat namens die Du Plessis-familie deur die rugby-agent Gerrie Swart uitgereik is.

Jan Nathaniel is twee dae voor sy dood gedoop. Dit was ook was ook verlede Dinsdag Du Plessis se 39ste verjaarsdag.

Toks van der Linde het die hartverskeurende nuus verlede Woensdagoggend op sy Facebook-blad gedeel.

“Hy het in hul swembad verdrink. Dit was ook Jannie se verjaarsdag gister en hy is Sondag nog gedoop . My hart is stukkend, stukkend, stukkend oor hul seuntjie van een wat verdrink het. BID ASB VIR JANNIE EN SY FAMILIE ASB.”

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng, het Donderdag aan FiND It gesê die polisie is besig met ‘n ondersoek na ‘n 10 maande oue baba verdrink het.

“Die polisie is net na 19:00 na ‘n huis in Kenmare, Krugersdorp ontbied. Met die aankoms op die toneel was die kind reeds dood. Dit is nog onduidelik hoe hy in die swembad beland het.”

Die rugbywêreld is sedert die tragiese nuus in rou gedompel oor hul gewese spanmaat se verlies.

Du Plessis is die ouer broer van Bismark du Plessis, ook ‘n gewese Springbok-rugbyspeler.

Du Plessis en sy vrou, Ronel, het vier kinders. Jan Nathaniel was die egpaar se jongste seun en kind.