Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), is daar 687 nuwe gevalle van die koronavirus aangemeld.
Nog sterftes is ook intussen aangemeld.
Dit bring die positiewe koers, wat die afgelope twee dae op 2,8 stilgestaan het, nou op 3,4% te staan.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (79%) aangemeld, gevolg deur Noordwes en KwaZulu-Natal met 5%. In die Wes-Kaap en Mpumalanga is 3% en in die Noord-Kaap 2% gevalle aangemeld. In die Oos-Kaap, Vrystaat en Limpopo is slegs 1% nuwe gevalle aangemeld.
Meer as 24,6 miljoen mense is al in SA ingeënt.
Daar is tans meer as 19 000 aktiewe gevalle in Suid-Afrika en 2 821 141 mense het al van die virus herstel.



