GAUTENG. – Die polisie hier doen ’n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die vermiste 13-jarige Joyce Moyo kan help opspoor.
Huis verlaat
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê Moyo is laas op 16 November 2021 deur haar ma gesien. “Die tiener het na bewering haar huis in Diepsloot, Uitbreiding 6, verlaat nadat sy met haar sibbe gestry het.”
Moyo is laas in ’n bruin-en-swart rok gesien.
Inligting
Poje sê ook dat enigiemand wat inligting het wat met die ondersoek sal help, word versoek om SAPD Diepsloot by 011 367 6300 te kontak, die ondersoekbeampte by 071 675 7420, Crime Stop by 08600 10111 of alternatiewelik ‘n anonieme wenk op die MySAPS-toep te laat.



