Vicki Terblanche: Eks-man aangekla vir haar moord

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Vicki Terblanche (42), wie se eks-man Woensdagaand in hegtenis geneem is in verband met haar moord, sal vandag sy eerste verskyning in die hof maak.

Vlak graf

Volgens berigte is Terblanche op 21 Oktober 2021 deur Reinhardt Leach (32), ‘n voormalige onderwyser en ook Terblanche se kêrel, as vermis aangemeld. Haar liggaam is later in ’n vlak graf in Greenbushes gevind.

Leach (32) en Dylan Cullis (24) is vir haar moord in hegtenis geneem en is al amper ’n maand in aanhouding.

Hofverskyning

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig dat Arnold Terblanche (53), Terblanche se eks-man, vir haar moord aangekla word. “Terblanche en Leach sal vandag saam in die hof verskyn.”

Borgtog

Leach, wat gister aansoek vir borgtog sou doen, gaan vandag met sy borgtogaansoek voort.