Vicki Terblanche-moordsaak: Eks-man in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Die vermoorde Vicki Terblanche (42), ’n ma van hier, se eks-man is gisteraand in verand met haar moord in hegtenis geneem.

Vermis

Volgens berigte is Terblanche op 21 Oktober 2021 deur Reinhardt Leach (32), Terblanche se kêrel, as vermis aangemeld. Haar liggaam is later in ’n vlak graf in Greenbushes gevind.

Leach (32) en Dylan Cullis (24) is vir haar moord in hegtenis geneem.

LEES OOK: Prokureur aan verkragting van vrou skuldig

Arrestasie

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig dat Arnold Terblanche (53), Terblanche se eks-man, gisteraand na 20:00 in hegtenis geneem is by sy woning in Millpark in verband met haar moord. “Hy is in hierdie stadium ’n verdagte en word tans vir moord aangehou. Hy sal binnekort in die hof verskyn op hierdie aanklagte.”

Borgtog

Naidu het ook bevestig dat Leach vandag vir borgtog aansoek sal doen. “Cullis het egter sy borgtogaansoek teruggetrek en bly in aanhouding.”

Foto: Leach en Terblanche (Facebook)