LUISTER SAAM: Lesers deel gunsteling Theuns-liedjies

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT het ‘n album bymekaargesit van lesers se gunsteling Theuns Jordaan-liedjies.

Soos Bloed. Eintlik was alles van hom mooi. – Marizanne Cijster

Ek het van al sy musiek gehou, maar Soos Bloed was vir my bitter mooi. RIV. – Chris Pieters

Hoe groet ‘n mens ‘n held soos Theuns Jordaan?
Al wat ek hoor-
Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.
Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.
Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Dankie vir die musiek- dit sal luidkeels tot lente van dae ego deur ons land en harte..
Ons is dankbaar vir die tyd wat jy vir ons geleen is..
Rus nou in Vrede Theuns Jordaan
Afrikaans is Groot – Burger Magda Hannes

Net Voor Die Storm Kom – Tanya Breytenbach

Skipskop. Dit was my ma se gunsteling. Sing hom maar vir haar daar bo, asseblief. – Chanie Paxton

Namibsroos. Maar eintlik al sy musiek. RIV Theuns Jordaan. – Adele Human Bower

Sal Jy Bly, maar daar is eintlik ‘n hele paar. Hy het ‘n besonderse mooi stem gehad. – Lize-Maré Myburgh

Al sy liedjies. Maar Bring Jou Hart saam met Juanita du Plessis staan vir my uit. Marie van Niekerk

Lees ook: Bloemfontein Online Co. – 18 November 2021