“Oh please don’t feel guilty, it was my time to go. I see you are still feeling sad, and the tears just keep flowing.” So lees Angie Angelique Fourie (27) se begrafnisbrief.
Fourie is vanoggend vanuit die Gereformeerde Kerk in Eendracht begrawe.
Sy is na bewering deur haar eks-kêrel, Christopher (Stoffie) Graham Watson (34) op 7 November in haar woonstel vermoor.
Watson en Fourie was glo in ‘n rusie betrokke voordat sy dood is. Hulle het ook ‘n dogtertjie (2 jaar en 11 maande), wat by Fourie gebly het.
Haar buurman het dié aand gesien haar woonstel brand en het ondersoek gaan instel. Fourie is op die vloer met ‘n steekwond aan haar nek en merke op haar lyf gevind.
Watson, wat aangekla word van moord, het op 16 November vir ‘n formele borgaansoek in die Secunda-landdroshof verskyn. Mike Bolhuis, privaat ondersoeker, het bevestig Watson het self sy borgaansoek teruggetrek.
Die saak is tot 18 Januarie 2022 uitgestel.




