Theuns se bestuurspan sê in Julie nog hy is in remissie

Deel hierdie storie / Share this story

Theuns Jordaan is Woensdag op die ouderdom van 50 oorlede na hy ‘n baie moeilike stryd teen die groot K moes veg.

Jordaan is in September verlede jaar met leukemie gediagnoseer. Hy het sedert sy diagnose ‘n beenmurgoorplanting en chemoterapie ontvang.

In Julie het Jordaan se bestuurspan baie dankie gesê aan almal wat hom in die moeilike tyd op sy pad bystaan.

“Ons wil baie dankie sê vir al die tyd wat julle in gebed spandeer, elke ondersteuningsgebed maak ‘n groot verskil. Ons is baie bevoorreg om te kan sê dat Theuns nou in remissie is en dat sy herstel by die huis nog sterk voortgaan,” lui die inskrywing.

“Ons, soos julle, is ook baie opgewonde om Theuns weer binnekort gesond te sien. Dankie vir die ongelooflike ondersteuners wat julle vir Theuns is, ons waardeer dit opreg.”