Eks-kêrel weer in hof oor moord

Deel hierdie storie / Share this story
Christopher (Stoffie) Graham Watson (34), die man wat na bewering sy eks-meisie, Angie Angelique Fourie (27) op 7 November in haar woonstel vermoor het, het Woensdag weer in die Secunda-landdroshof verskyn.

Watson staan teregstaan op aanklag van moord.

Die saak was tot 16 November vir ‘n formele borgaansoek uitgestel. Mike Bolhuis, privaat ondersoeker, het bevestig Watson het self sy borgaansoek teruggetrek.

Die saak is tot 18 Januarie 2022 uitgestel.

Watson word daarvan beskuldig dat hy Fourie in haar huis in die Terra Nova-kompleks vermoor het. Haar buurman het dié aand gesien haar woonstel brand en het ondersoek gaan instel. Fourie is op die vloer met ‘n steekwond aan haar nek en merke op haar lyf gevind. Watson en Fourie was glo in ‘n rusie betrokke voordat sy dood is. Hulle het ook ‘n dogtertjie (2 jaar en 11 maande), wat by Fourie gebly het.