Voormalige polisieman Brad Nathanson sê hy sou Len Cloete ook in die kop geskiet het.
Die voormalige polisieman, Brad Nathanson, sê op sy Facebook-blad Brad Nathanson Investigations, hy sou op dieselfde manier gereageer het as wat die polisie opgetree het deur Len Cloete te skiet as hy in hul skoene was.
Dié voorval wat die afgelope naweek by die Misty Hills Lodge in Muldersdrift gebeur het, het gemengde by die publiek ontketen en by tye erg op sosiale media opgevlam. Die video van die skietery is wyd op sosial media versprei en aan die media uitgelek. In die video kan gesien word hoe Len Cloete in ‘n hewige woordewisseling met die polisie verswelg is. In die video word gehoor hoe Cloete herhaaldelik na die SAP lede as lafaards verwys voordat hy na sy wapen vra. “Waar is my gun?’ (waar is my geweer?)
“Ek sou hom geskiet het, waarskynlik in die kop, om hom te immobiliseer en om myself en my kollegas te beskerm,” het Nathanson gesê.
Nathanson noem ook dat die hele gebeurtenis inderdaad tragies is, en in die eerste plek nie moes gewees het nie. Nathanson wens dan Cloete spoedige herstel toe.



