Jannie du Plessis (39), mediese dokter en eertydse Springbok-vaskopstut, se 10 maande oue seuntjie, Jan Nathaniel, het Dinsdag, op sy 39ste verjaarsdag verdrink.
Toks van der Linde het die nuus vanoggend op sy Facebook-blad gedeel.
Dit was ook Sondag sy doop.
Du Plessis en sy gesin het einde 2019 vanaf Frankryk na Suid-Afrika teruggekeer waar hy vanaf 2015 – 2019 vir Montpellier uitgedraf het.
Du Plessis het begin 2020 ‘n kontrak met die Leeus geteken en boer ook deeltyds op hul familieplaas, Stirling, buite Bethlehem in die Vrystaat.
Hy en Bismark du Plessis, ook ‘n gewese Springbok-rugbyspeler, is broers.
Du Plessis en sy vrou, Ronel, het vier kinders. Jan Nathaniel was die egpaar se jongste seun en kind.
Medelyne het intussen op Facebook ingestroom vir die Du Plessis-gesin.
“My hart is stukkend vanoggend!! ![]()
Ek is naar en emosioneel verby!! Die Du Plessis’s se seuntjie het gister op Jannie se verjaarsdag verdrink. Al wat ons kan doen, is ons knieë deur bid vir die gesin, want dis net God wat die pyn en hartseer kan weg vat. Janna my maat, ek kan nie myself in jou skoene sit nie, staan sterk en wees sterk. God is daar vir julle![]()
#pra,” skryf Alwyn Hollenbach, ‘n voormalige rugbyspeler.





