Brendin Horner se moordverhoor het Maandag in die hof in Betlehem begin.
Die moord op die 21-jarige Brendin Horner het verlede jaar wêreldwyd opslae gemaak.
Horner is in ‘n veld met ‘n tou om sy nek aan ‘n paal vasgemaak op sy plaas naby Paul Roux gevind.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê hy het beserings aan sy kop en gesig gehad en is op die toneel dood verklaar. Daar word beweer Horner het die aand van sy moord teruggekeer na die plaas toe hy oorval is. Sy bakkie is later met bloedvlekke gevind.
Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa is verlede jaar in verband met sy moord in hegtenis geneem.
Die twee se eerste hofverskyning in Oktober 2020 het gewelddadig uitgedraai toe ‘n groot groep boere by die hof opgedaag het.
Die beskuldigdes word ook van veediefstal aangekla.



