Drie jaar later en steeds geen verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

KING WILLIAM’S TOWN. – ‘n Kontantbeloning van R50 000 word deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaad-ondersoekeenheid aangebied vir inligting wat kan lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van ’n verdagte of verdagtes wat na bewering betrokke was by die moord op ’n 29-jarige man.

Geen verdagtes

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê Luvo Desi (29) se liggaam is omstreeks 06:30 op 14 Desember 2018 langs die pad gevind.

“Die oorledene is in die kop geskiet. Daar word vermoed dat hy elders vermoor is en dat sy liggaam geskuif is na waar dit later gevind is.”

Kinana sê ook dat daar op die oomblik geen inligting oor die identiteit van die verdagte of verdagtes is nie.

Kontantbeloning

“Intensiewe ondersoeke is uitgevoer, maar pogings om die verdagte of verdagtes te identifiseer en op te spoor, het tevergeefs geblyk. Daarom word ’n kontantbeloning aan enige individu aangebied wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die verdagte of verdagtes.

Inligting

“Enigiemand wat dalk kan help met die ondersoek of dalk inligting het word gevra om die ondersoekbeampte, adjunk-sers. Cyril Rensburg 082 563 5603 by of Crime Stop 08600 10111, te kontak.”