16-Jarige al amper vier maande vermis

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Anke Brits het op 29 Julie 2021, sowat twee weke na haar sestiende verjaarsdag, in Chatsworth, vermis geraak. Sy het na bewering na ’n snoepie naby haar huis gegaan en is nie weer gesien nie.

Voorheen al vermis

Bernadine du Toit, stigter van die Missing They Wrote Facebook-groep, het aan FiND iT gesê dat dit nie die eerste keer is wat Brits spoorloos verdwyn nie.

“Toe Anke 15 jaar oud was, het sy ook weggeloop. Ons het haar sowat drie weke later opgespoor en huis toe gebring. Hierdie keer het sy gewag tot na haar sestiende verjaarsdag voor sy weggeloop het.”

Du Toit sê ’n saak van ‘n vermiste persoon is deur Brits se ma by die SAPD in die area gemaak.

Enige inligting

“Ons wil net hê sy moet ten minste kontak met haar ma maak. Indien enigiemand inligting het oor waar Brits haarself bevind, kontak asseblief die ondersoekbeampte.”

Du Toit sê sy kan ook gekontak word indien iemand enige inligting het.