’n Taksibestuurder word nou as ’n held beskou nadat hy glo ’n man wat ‘n hospitaal wou bombardeer, in sy taxi toegesluit het. Een persoon is dood nadat ’n motor gisteroggend buite die Liverpool Women’s-hospitaal in die Verenigde Koninkryk ontplof het.
David Perry het glo die man met die bom opgemerk en hom in sy taxi gestop en toegesluit. Perry het tydens die voorval seergekry toe die bom glo saam met die man in die kar ontplof het. Hy het skrapnelbeserings en skade aan sy oor opgedoen.
Die Merseyside-polisie is Sondag om 10:59 na die Liverpool Women’s-hospitaal ontbied vir ’n ontploffing waarby ’n voertuig betrokke was.
Polisie teen terrorisme in Noordwes het gesê drie mans van 29, 26 en 21 jaar oud is in die Kensington-area van die stad aangehou en ingevolge die Terrorismewet in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die manlike passasier van die motor is op die toneel dood verklaar en moet nog formeel geïdentifiseer word.
LEES OOK: Regering onttrek ondersteuning vir Mej Suid-Afrika by Israel-geleentheid



