NOORD-WES. – ’n Meisie (16) het haar verkragting op video op haar foon vasgelê nadat haar pa glo gesê het niemand sal haar glo dat hy haar verkrag nie. Die meisie se pa het haar glo reeds vir meer as ’n jaar verkrag voordat sy die video opgeneem het.
Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die meisie het die video van die verkragting aan haar ouer broer gestuur, wat toe die polisie ontbied het.
Die man is oorspronklik van die Oos-Kaap, maar woon in Marikana waar hy op die myne werk. In Maart verlede jaar het die man sy destyds 15-jarige dogter in die Oos-Kaap gaan haal en vir haar gesê sy moet haar skoolopleiding in Noordwes voltooi. Hy het na bewering begin om haar twee maande na haar aankoms te verkrag.
’n Saak is by die polisie in die Oos-Kaap oopgemaak en na Noord-Wes oorgedra. Die meisie en haar jonger boetie (13) is in die sorg van familie geplaas en die verdagte is in hegtenis geneem.
Die verdagte sal 18 November in die hof verskyn.
LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



