December 7, 2021

KYK: NASA stel asemrowende video vry van DAVINCI-sending na Venus

Photo: Canva

Venus het die mees onheilspellendste oppervlaktoestande van alle planete in die sonnestelsel.

Die oppervlaktemperature is meer as 100 grade Celsuis, maar wetenskaplikes en navorsers bly nuuskierig oor of Venus ooit bewoonbaar was.

Die Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie (NASA) stuur in 2029 ‘n sending na Venus. Die DAVINCI (Deep Atmosphere Venus Investigation of Noble gases, Chemistry, and Imaging)-sending na Venus sal in twee segmente uitgevoer word.

Die ruimtetuig sal eers ‘n paar verbyvlugte doen en daarna sal ‘n ondersoektoestel (“probe”) in die boonste atmosfeer van die planeet laat val word.

Venus se atmosfeer is 90 keer digter as die aarde.

Kyk hier na die video wat NASA bekendgestel het oor dié sending:

Bron: wionnews.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *