Vier Moti-broers na 21 dae gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die vier Moti-broers, Zidan, Zayyad, Alaan en Zia Moti, is Woensdagaand gevind.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo is die vier boeties nou veilig by hulle ouers.

Die boeties was op 21 Oktober omstreeks 07:00 op pad skool toe in Polokwane toe hulle met vuurwapens gedreig en ontvoer is.

Brig. Mojapelo sê die polisie in Vuwani het Woensdagaand ‘n oproep gekry van ‘n plaaslike inwoner dat die boeties by hulle huis opgedaag het. Hulle is glo net op ‘n nabygeleë pad afgelaai.

“Die polisie het gereël vir ‘n dokter, wat kon bevestig dat die broers almal gesond is voordat hulle aan hul ouers terugbesorg is.”

Mojapelo sê die boeties was baie bly om weer tuis te wees.

Die boeties is nog nie ondervra nie, maar volgens Mojapelo sal hulle vandag deur sielkundiges ondervra word.

“Die saak van ontvoering duur voort.”