Britney Spears se ma eis nou R10 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

Popster Britney Spears se ma, Lynne Spears, eis nou $660,000 (sowat R10 miljoen) in regskostes van die ster se boedel.

Lynne voel haar regskostes wat vergaderings, telefoonoproepe en e-posse, voorbereiding van dokumente en hofverskynings tydens die kuratorskapsaak insluit, moet uit die bestaande boedel betaal word.

Slegs ’n dag nadat Lynne die petisie ingedien het, het Britney haar ma in ’n Instagram-plasing, wat sedertdien verwyder is, beledig en gesê haar ma het haar lewe verwoes.

In die plasing het sy gesê:  “My pa het dalk 13 jaar gelede die konservatorskap begin … maar wat mense nie weet nie, is dat my ma die een is wat hom die idee gegee het! Ek sal nooit daardie jare terugkry nie… sy het my lewe in die geheim verwoes.”

LEES OOK: Liggaam van 10-jarige onder bed gevind