Bennie vertel ons van die nuwe Jimny

Deel hierdie storie / Share this story

Bloemfontein Online Co. gesels net Bennie Venter van Suzuki Bloemfontein oor die nuwe, gewilde Jimny en oor hoekom jy dié oulike motor jou eie sou wou noem.

“Buiten vir sy oulike, windgat ‘look’, kom die Jimny met ‘n paar goeie ‘features’ uit. ‘Cruise control’, die stuurwiel se ‘features’, die ‘touch screen’-radio wat met Bluetooth of Apple Car Play of Android Auto werk. Dit maak dit soveel makliker om jou GPS ook op die radio te laai!”

Verder vertel Bennie die Jimny het ook ‘n wonderlike “off-road feature”.

“Daar is ook ‘n hele paar video’s wat op YouTube gedeel is van ‘n ou wat plekke met die Jimny uitklim waar bakkies sukkel om uit te klim. Hy kom ook met baie oulike bykomstighede.”

Volgens Bennie is die Jimny ‘n “moet-hê”-karretjie.

Die Jimny kom ook in handrat- en outomatiese modelle.