Man brand dood in buitegebou

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Colin Snyman (30) is oorlede nadat hy in ’n buitegebou doodgebrand het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Dinsdag 2 November 2021 in die oggendure ’n oproep gekry van ’n huis wat brand.

“Polisielede het omstreeks 03:00 op die toneel in 5de Laan, Cradock Place, opgedaag en gesien die buitegebou brand. Nadat die vuur geblus is, het hulle Snyman se liggaam tussen die puin gevind.”

Die oorsaak van die brand is steeds onbekend en die polisie het met ’n ondersoek na die gebeure begin.

LEES OOK: Familie off-road wedren die naweek