Familie off-road wedren die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Familie off-road motorfiets- en vierwielmotorfietswedren vind die naweek by 8Myl plaas.

Proguard Security is die hoofborg vir die wedren.

Dit is die sesde en laaste ronde van CSA-streekskampioenskappe wat vir die jaar plaasvind. Ryers van regoor die Noord-Kaap en Vrystaat neem aan die wedren deel. 12-15 deelnemers van Lesotho neem ook deel en kinders so jonk soos vier jaar oud neem ook aan deel.

Inskrywings vir die resies is nog oop tot 6 November 2021 om 08:00. Inskrywingsgeld beloop R600 per deelnemer.  

Ian Smith, voorsitter van KORC, sê CSA bestaan al vir 14 jaar en is begin om mense in die Noord-Kaap en ryers in die omgewing blootstelling aan off-road wedrenne te gee. ’n Hele paar nasionale deelnemers is al hier gekweek.

’n Prysuitdeling met ’n steak-ete sal na die wedrenne plaasvind. Die prysuitdeling is nie net om trofees aan die deelnemers van die dag te oorhandig nie, maar is ook die algehele kampioenskapsprysuitdeling van die jaar.

Ian sê ook hulle is dankbaar vir Proguard vir die borgskap. “Sonder hulle sou dit nie vir ons moontlik gewees het om sulke goed te kon reël nie.”

Proguard Security is ’n sekuriteitsmaatskappy wat korporatiewe, mynbou- en kleinhandel-sekuriteitsdienste aanbied. Hulle het ’n 24/7 operasionele beheerkamer.

Indien jy vir Proguard wil kontak, kan jy hulle by 053 831 5495/ 076 254 9804 skakel of ’n e-pos na [email protected] stuur.