Volgens ‘n mediaverklaring wat Donderdag deur Discovery Health uitgereik is, is die kanse skraal dat Suid-Afrika sy inentingsdoelwit van 70% teen Desember gaan behaal.
Luidens die verklaring gaan dit nader aan 50% wees.
Ryan Noach, uitvoerende hoof van Discovery Health, sê die inentings het die afgelope tyd afgeneem en van die 22 miljoen dosisse wat in Suid-Afrika beskikbaar is, het Discovery teen 3 November 2,5 miljoen toegedien.
Hy sê verder dat indien ons wil terugkeer na die lewe voor Covid-19, “moet die land vinniger beweeg.”
“Die impak van die derde golf van infeksie was omvangryk, met aansienlike tragedies en verliese. Hoewel daar beslis tekens van herstel is – Oktober 2021 was die laagste aantal nuwe infeksies sedert April 2020 en die laagste toetspositiwiteitskoers van 2.4% sedert die begin van die pandemie – is daar ‘n aantal redes om waaksaam te bly,” sê Noach.
“Ons moet onsself beskerm teen die risiko van ‘n vierde golf oor die vakansieseisoen.”
Ongelukkig is die risiko daar as gevolg van meer sosiale byeenkomste en inter-provinsiale beweging. Die huidige inentingsdekking behoort egter gelukkig die vlak van sterftes te versag in vergelyking met wat ons in Desember 2020 ervaar het. Dis is ook belangrik dat ons ons moet ons beskerm teen die ontstaan van verdere variante. Dit sluit versagting teen die verspreiding van die AY4.2-variant wat tans ondersoek word, in.”
Volgens Noach se data is Pfizer se entstof 79% effektief om te voorkom dat mense aan Covid-19 sterf binne 14 dae nadat hulle die entstof gekry het en 94% effektief na die 14 dae.



