‘n Beloning van R4 000 word aangebied vir die persoon wat Renel-Mari Nel se skaaphond en wire-foksterriër aan haar kan terugbesorg.
Nel vertel haar hart is verskriklik seer na haar twee honde, Leica en Dozer, Woensdag vermis geraak het.
Nel sê hulle het onlangs na ‘n nuwe huis toe getrek en hulle vermoed die honde het probeer om na hulle ou plaashuis terug te keer.
Die honde is vermoedelik iewers tussen Hopetown en Modderrivier in Hopetown se rigting.
Nel sê beide Leica en Dozer het bandjies aan.
Enigiemand wat die honde iewers gewaar het of weet waar hulle is, skakel asseblief vir Nel by 082 335 5741.



