The Sandwich Shop in Longstraat in Kimberley is deur Kimberley Online Co. se lesers genomineer vir die beste kliëntediens.
Charlotte Fourie (32), die eienaar, het in Mei 2021 die winkel by die vorige eienaar oorgeneem. Die winkel is al vir 18 jaar in Longstraat geleë.
Hulle is net ’n span van sewe, maar hulle beskryf hulleself as ’n klein familie.
“Ons werk baie goed as ’n span en het soos familie geword.”
Charlotte vertel ook kliëntediens is die belangrikste ding vir enige besigheid.
“Kliënte is belangrik en elke liewe kliënt moet as belangrik geag word. Dit is immers die kliënte wat ons salarisse betaal.”



