WES-KAAP. – Die polisie het Dinsdag omstreeks 11:00 ‘n verdagte voertuig in Monwood voorgekeer.
Die voertuig het aanvanklik in ‘n ander rigting as die polisie probeer ry na hulle gewaar is. Die polisie het egter besluit om die voertuig agterna te sit.
Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het drie verdagte mans by die voertuig uitgespring. “Die lede het hulle agternagesit en toe hulle uiteindelik gevang en deursoek is, het die polisie 50 Mandrax-tablette by een verdagte en twee by ‘n ander verdagte gekry.”
Beide verdagtes van onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, het vandag in die hof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.



