OOS-KAAP. – Die Dutywa-polisie vra die gemeenskap se samewerking om die vermiste 25-jarige Ngqiqo Tyeshani op te spoor.
Tyeshani het in September vanjaar buite sy huis in Ncadu vermis geraak.
Tyeshani is laas by sy huis gesien. Hy het ‘n swart Kappa-baadjie en ‘n swart denim aangehad. Die polisie sê hy het net verdwyn sonder om te sê waarheen hy gaan.
Enigiemand wat inligting het oor sy verdwyning, kontak Linda Richard Sidukwana by 0474891333.



