KIMBERLEY. – ’n Tienerseun het vanmiddag in ’n rioolgat in Galeshewe geval en verdrink.
Die polisie se soek-en-reddingspan het hulle na die toneel gehaas en die seun se lewe probeer red deur kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas.
Nooddienste het by hulle oorgeneem, maar kon nie die seun weer bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar.
FiND iT het navraag by die polisie sowel as die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.



