VRYSTAAT. – ‘n Familielid van die 12-jarige Clayton Alexadre Williams het hom vanmiddag by die polisiestasie in Navalsig, Bloemfontein, as vermis aangegee.
Clayton is sedert Sondag 24 Oktober vermis. Die polisie sê Clayton se familie sê hy het die huis verlaat om tjips te koop by ‘n winkel naby die huis, maar hy het nooit na die huis teruggekeer nie.
As jy enigiets weet oor Clayton se verdwyning, kontak die Navalsig-polisiestasie by 051 406 1200.



